SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
EERSTE SÊ
NATANIËL SÊ
ons wêreld
JULLE SÊ
Boheems & borrelend Dís Boer soek ’n vrou se REANDI • As sy een ding geleer het as aanbieder van Boer soek ’n vrou, sê Reandi Grey, is dit dat daar geen resep vir liefdesgeluk is nie. Wees net jouself, dan sal alles uitwerk soos dit moet. Iets wat sy ook in haar eie lewe toepas . . .
AMANDA STRYDOM ONS DARLING-DOYENNE • Op 70 loop sy steeds die pad . . . soos net Amanda Strydom kan. Outentiek en uniek. Want sy het ’n gawe gekry en sy het ’n skatkis van stories om te vertel. Liedjies om te deel
KAMPVEGTER vir waarheid • Dít weet ons: As daar ’n rokie is, kan jy staatmaak op haar om die vuurtjie oop te krap. Eers as voorste ondersoekende joernalis, tans as finansiële misdaadondersoeker. En as Pauli van Wyk deesdae effe stiller is, is dit omdat haar gesin eerste kom. Sy is immers nou ook ma ...
VROUE ’N ODE IN BEELD • Hulle deel ’n waardering vir al die fasette van vrouwees, vandaar dié vier kunstenaars se passie om vroue op hul mooiste uit te beeld – hetsy met die kameralens, skilderkwas of beitel. Hul werke besing die lof van vroulike krag, deernis, omgee en unieke skoonheid wat veel verder as veldiep strek
Die vel ’n landskap, die wit en swart ’n klavier . . . • Ná meer as drie dekades gee die bekroonde Kaapse kunstenaar Henk Serfontein se werk hom steeds eindelose vreugde. En as dit met mense praat, is hy volkome in sy element
SNOESIG SJIEK WINTER • Wintermode wys dat prakties en sjiek perfek saam kan werk. Met die regte jas, baadjie en trui is elke koue dag ’n warm styl-oomblik
mode dinge
Wie wen vanjaar ons voorblad? TOP 35
GRIMERING WAT VERBETER, NIE VERANDER’ DIE NUWE ONDERLAAG • Vergeet van die toegeplakte onderlaagmasker van die verlede. Deesdae gaan onderlae alles oor moeitelose elegansie en ’n vars voorkoms wat onbeskaamd jý is. Só kry jy daardie soft glam stap vir stap
LANGER jonger … met ’n ligmasker • LED-maskers is tans groot nuus en beloof om byna elke velprobleem te verbeter. ’n Skoonheidsfoefie of wérk dit regtig? Ons vind uit
bederfprodukte Luuks
mooi dinge
TAFEL VIR een • Wêreldwyd is solo eet ’n groot tendens. Ons kies om meer tyd vir onsself te maak en dinge te doen wat ons waarlik geniet. Waarom nie ’n dag daarvan maak in die kombuis nie? Dit begin met die inkopies vir bestanddele, die lekker van jy, musiek en wyn en dan die vreugde van goeie kos op ’n mooi gedekte tafel. Herlaai voor die kospotte!
kos dinge
SIELSPLEK HARTSPLEK • Die aanvanklike plan met hierdie kothuis op Greyton was om dit te restoureer en weer te verkoop. Die eienaar kon egter nie voorsien dat sy hopeloos verlief sou raak op die plek én dorp nie
woon dinge
DIGITALE UITBRANDING Altyd aanlyn, SELDE DÁÁR • Digitale uitbranding sluip stilweg ons lewe binne en steel ons fokus, energie en emosionele welstand. Dalk hoekom al hoe meer mense iets anders begin soek – meer eg, tasbaarder, stadiger. In ’n wêreld wat meestal op skerms afspeel, is die behoefte aan werklike ervarings ál sterker
HOU KOP IN ’N MAL WÊRELD • Menige van ons voel oorweldig deur vandag se wêreldgebeure en dis maklik om in angs, wanhoop en selfs depressie te verval as jy nie oppas nie. Hoe sien jy die glas halfvol as die glas...